social

 

Sosiale Media Bestuur:

In 1985 was die gedagte dat ons in 1995 die plastiese drasakkie vir brood en melk sou koop, totaal onsinnig. Net so het ons ook nie in 2004 besef dat Sosiale Media platforms 10 jaar later een van die effektiefste bemarkings hulpmiddels sou wees nie. Vandag kan jy eenvoudig nie daar sonder nie.

Hoe kom ons tot hierdie slotsom? Om jou webtuite met gedrukte media te bemark is duur en advertensies het beperkte lewensduur. Effektief strek die bemarking so ver as die hande waarin die media beland.

Aanlyn bemarking wat verskeie sosiale media platforms asook die webtuiste insluit bied die beste bemarkingsopsie vir VANDAG. Die grootste voordeel daarvan is dat elke interaksie, elke inskrywing daar is om te bly. Dit word nie deur die verbruiker delete nadat dit hom bereik het nie. Daar is nie ‘n limiet aan ‘n sekere hoeveelheid gedrukte eenhede nie. Met ‘n strategiese plan, kan jy ten minste 100% meer mense bereik as met gedrukte media.

Die integrasie van verskillende Sosiale Media platforms doen dit wat vuurwerke in die donker van die nag doen: dit ontplof in helder kleure vir enige iemand in die omgewing om te sien. Kan ons dit vergelyk met iets soos “The Big Bang Theory”? Dat die groot “bang” met impak jou handelsmerk beinvloed het?

Op hierdie presiese oomblik is kliënte, studente, mededingers, verskaffers en verbruikers besig om JOU handelsmark aanlyn op te soek. Kan jy dit bekostig om nie na die partytjie toe te kom nie waar potensiële kliente deur jou mededingers bekoor word in jou afwesigheid?